More jobs:
Junior Verkoops Verteenwoordiger
Job in
Bloemfontein, 9300, South Africa
Listed on 2026-06-11
Listing for:
Babylonstoren
Full Time
position Listed on 2026-06-11
Job specializations:
-
Nursing
Healthcare Nursing
Job Description & How to Apply Below
Die Verkoopsambassadeur is verantwoordelik vir die bevordering van Babylonstoren se handelsmerk en produkte deur direkte verkope, kliënteverhoudingsbestuur en verteenwoordiging tydens interne en eksterne bemarkingsgeleenthede. Hierdie rol vereis 'n kombinasie van strategiese insig, uitstekende kommunikasievaardighede en 'n passie vir premium wyn-, landbou- en leefstylprodukte.
Verantwoordelikhede:- Aktiewe betrokkenheid by direkte en indirekte verkope van Babylonstoren-produkte (wyn en deli-produkte)
- Verwelkom en bedien kliënte op 'n professionele, kundige en vriendelike wyse
- Reël en fasiliteer wynproeë, privaat toere en spesiale kliënte-ervarings
- Bou en onderhou sterk, langtermynverhoudings met kliënte, korporatiewe vennote en verspreiders
- Verteenwoordig Babylonstoren tydens funksies, feeste en handelsgeleenthede
- Versamel markintelligensie en verskaf terugvoer aan relevante afdelings
- Werk saam met interne spanne (gasvryheid, tuin, wyn en bemarking) om geïntegreerde kliënte-ervarings te lewer
- Bestuur administrasie, verkoopsverslae en klantdatabasisse waar toepaslik
- Beskikbaar om nasionaal te reis
- Diens en groei verkope, funksies en bemarkingsinisiatiewe in Bloemfontein en die omliggende Vrystaat-gebied
- Bloemfontein/Vrystaat-gebaseer
- Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12)
- Diploma of graad in Bemarking, Verkope, Gasvryheid, Toerisme, Handelsmerkbestuur of Wynkunde (voorkeur)
- Minimum 3–5 jaar ervaring in 'n verkoops- of kliëntgerigte rol, verkieslik in die wyn-, toerisme- of premiumhandelsmerksektor
- Bewese ervaring in kliëntediens en verhoudingsbou op senior vlak
- Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (mondelings en skriftelik)
- Rekenaargeletterdheid (MS Office, verkoopsstelsels en CRM-sagteware)
- Geldige rybewys en eie vervoer
- Professionele voorkoms en uitstekende etiket
- Hoogste vlak van integriteit en vertroulikheid
- Klantgesentreerde ingesteldheid met sterk onderhandelingsvaardighede
- Selfgedrewe, proaktief en oplossingsgerig
- Passie vir wyn, plaaslewe en volhoubare leefstylprodukte
- Aanpasbaar en gemaklik in 'n dinamiese, multidissiplinêre omgewing
Note that applications are not being accepted from your jurisdiction for this job currently via this jobsite. Candidate preferences are the decision of the Employer or Recruiting Agent, and are controlled by them alone.
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search:
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search:
Search for further Jobs Here:
×