Skip to content
×

Senior Subredakteur

Job in Cape Town, 7561, South Africa
Listing for: Media24
Full Time position Listed on 2026-10-24
Job specializations:

Job Description & How to Apply Below

Media
24 Afrikaanse Media
het ’n pos vir ’n senior subredakteur in die Netwerk
24-kantoor in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria of Bloemfontein.

Verantwoordelikhede sluit in:

  • Redigeer van kopie, met genoegsame kennis om dit op ’n sinvolle wyse te herskryf en te verkort, indien nodig;
  • Kontroleer korrektheid van feite, spelling en grammatika;
  • Skryf goeie byskrifte en opskrifte wat sowel die aandag trek as taalkundig en feitelik korrek is;
  • Maak seker dat kopie die publikasie se spesifieke styl volg wat grammatika, taalgebruik en voorkeurspelwyses betref;
  • Skakel met ander subredakteurs, verslaggewers, nuus- en tuisbladredakteurs om vloei en gehalte van nuusberigte te verseker; en
  • Bly ingelig oor die jongste taalreëls soos in die taalstylgidse vervat.

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, tale, kommunikasie, mediastudies of die geesteswetenskappe;
  • Uitstekende taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en ervaring in ’n digitale nuusomgewing;
  • Agt tot tien jaar toepaslike joernalistieke ervaring sal ’n sterk aanbeveling wees;
  • ’n Aanvoeling vir en belangstelling in nuus en aktuele sake;
  • ’n Uitgebreide algemene kennis;
  • Moet eie inisiatief aan die dag kan lê, maar ook in ’n span kan saamwerk;
  • Moet vinnig en akkuraat onder druk kan werk.
  • Ingesteldheid op gehalte
  • Goeie besluitnemingsvermoë
  • Moet bereid wees om ongereelde ure te werk, insluitend oggend-en aandskofte, openbare vakansiedae en naweke; en
  • Moet beskik oor internettoegang.

Ingevolge Media
24 se diensbillikheidsbeleid sal daar aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.

Position Requirements

10+ Years work experience
To View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap the button below to make a Search.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
View / Apply for Jobs
Matching My Jurisdiction

Search for further Jobs Here:

SEARCH JOBS: 10+ Million Listings
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary