Administrateur: Administrasie
-
Administrative/Clerical
Job Description & How to Apply Below
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn permanente pos vir ʼn administrateur in die Administrasie-afdeling beskikbaar.
P O S D O E L S T E L L I N GDie doel van hierdie pos is om administratiewe ondersteuning aan studente en interne rolspelers te bied. Die administrateur sal daarvoor verantwoordelik wees om ʼn ondersteuningsdiens aan studente, fakulteite en verskeie afdelings in Akademia te bied.
V E R A N T W O O R D E L I K H E D E- hantering van data-administrasie
- ondersteuning aan studente deur effektiewe kommunikasie
- monitering van navrae wat deur die kaartjiestelsel ontvang word
- hantering van studentenavrae, onder andere: modulekeuses, onderrigleermodel, sentrum, klasbywoning, studentestelsels, sperdatums, assesserings, en die bywerking van persoonlike data van studente
- ʼn hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Sekretarieel/Projekbestuur) (NKR-vlak
5) - ervaring in MS Office-pakket (voorvereiste)
- minimum van drie (3) jaar relevante ervaring
- ervaring in studenteadministrasie, Moodle, aanlyn eksamens, datavaslegging en kliëntediens (voordelig)
- sterk spanwerk- en kommunikasievaardighede
- goeie menseverhoudings
- vermoë om tyd te bestuur
- uitstekende administratiewe en organisatoriese vaardighede
- prioritiserings- en beplanningsvaardighede
- vermoë om onder druk sperdatums na te kom
- tegniese vaardighede om data in te samel en te verwerk
Akademia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie. Akademia is kragtens die Wet op Hoër Onderwys 75 van 1997 by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer (registrasienommer: 2011/HE08/005). Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
View / Apply for Jobs
Matching My Jurisdiction