×
Register Here to Apply for Jobs or Post Jobs. X

Grafiese Ontwerper

Job in Centurion, 0014, South Africa
Listing for: Akademia
Full Time position
Listed on 2026-10-19
Job specializations:
  • Retail
    Fast Food / Food Service, Retail Sales
Job Description & How to Apply Below
Position: GRAFIESE ONTWERPER

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het ʼn pos vir ʼn grafiese ontwerper in die Bemarking en Kommunikasie-afdeling beskikbaar. Hierdie pos is in Centurion gesetel.

P O S D O E L S T E L L I N G

Die grafiese ontwerper is verantwoordelik vir die ontwikkeling van kreatiewe grafiese ontwerpe wat Akademia se handelsmerk en sekondêre handelsmerke se korporatiewe identiteite (KI’e) handelsmerkposisionering en doelstellings ondersteun.

V E R A N T W O O R D E L I K H E D E
  • ontwikkeling van kreatiewe ontwerpidees saam met die breër span
  • skep van grafiese ontwerpe vir multimedia, wat drukmedia, digitale media en video’s insluit
  • handhawing van die instelling se korporatiewe identiteit
  • hantering van navrae en versoeke wat verband hou met grafiese ontwerpe
  • die neem en redigering van foto’s
P O S V E R E I S T E S
  • ʼn honneurs- of vierjaargraad in grafiese ontwerp, illustrasie of multimedia-ontwerp
  • ʼn minimum van vier jaar se ervaring in die skep van grafiese ontwerpe met ontwerpsagteware van Adobe Creative Cloud (Illustrator, InDesign en Photoshop)
  • begrip van die verskillende vereistes van ontwerp vir gedrukte en digitale media, die drukproses, inkgebruike en ander afwerkings
  • ervaring in ontwerptegnieke
  • die uitvoer van ontwerpprojekte vanaf konseptualisering tot die voltooiing van die ontwerp
  • ervaring in die skep van gevoelborde (moodboards)
  • ervaring in die ontwikkeling van handelsmerke en die skep van animasies (voordelig)
V A A R D I G H E D E
  • ʼn sterk aanvoeling vir visuele uitleg en die nuutste tendense daaroor
  • doeltreffende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
  • ʼn oog vir detail en akkuraatheid, en doeltreffende uitvoering (onafhanklik en in ʼn span) van ontwerpprojekte
  • handhawing van goeie menseverhoudings, sowel as professionaliteit en ʼn positiewe ingesteldheid
  • die vermoë om onder druk te werk en te prioritiseer
  • kennis van Akademia en die hoëronderwysomgewing in die algemeen
Slegs Afrikaanse CV’s sal aanvaar word
To View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap the button below to make a Search.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
 
 
 
Search for further Jobs Here:
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Location
Increase/decrease your Search Radius (miles)
0
200
Filters
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary