Skip to content
×

Sol-Tech | Junior Beampte: Administrasie

Job in Pretoria, 0002, South Africa
Listing for: Solidariteit Beweging
Full Time position Listed on 2026-11-21
Job specializations:

Job Description & How to Apply Below

Sol-Tech is ʼn privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleiding kollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria en het tans ʼn Junior Beampte:
Administrasie
geleentheid beskikbaar.

Die doel van die pos is om basiese administratiewe ondersteuning aan die Akademiese Administrasie-afdeling te bied ten einde die effektiewe verloop van studenteadministrasie tydens die onderrig- en opleidingsfases te ondersteun. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die akkurate vaslegging, verwerking, rekordhouding en liassering van studentedata en
-dokumentasie, asook die nakoming van voorgeskrewe administratiewe prosedures en werkvloeie.

Minimum Vereistes:
  • Matriek (Graad 12).
  • 0–2 jaar administratiewe ondervinding.
  • Eie vervoer met 'n geldige rybewys.
  • Goeie kennis van die Microsoft Office-pakket.
  • Goeie tik- en administratiewe vaardighede.
  • Goeie Afrikaanse taalvaardigheid.
Vaardighede en eienskappe wat tot die aansoeker se voordeel sal strek
  • Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede.
  • Goeie interpersoonlike vaardighede en 'n diensgerigte ingesteldheid.
  • Sterk organisatoriese vaardighede en 'n goeie oog vir detail.
  • Akkuraatheid en noukeurigheid met die hantering en vaslegging van inligting.
  • Die vermoë om instruksies te volg, prosedures na te kom en sperdatums te haal.
  • Betroubaarheid, verantwoordelikheidsin en die vermoë om in 'n span te funksioneer.
  • Entoesiasme, selfmotivering en 'n bereidwilligheid om te leer.
To View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap the button below to make a Search.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
View / Apply for Jobs
Matching My Jurisdiction

Search for further Jobs Here:

SEARCH JOBS: 10+ Million Listings
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Language of Job Posting:
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary