×
Register Here to Apply for Jobs or Post Jobs. X

Bedryfsbestuurder: Finansiele Dienste

Job in Pretoria, 0002, South Africa
Listing for: Optim-G Sourcing
Full Time position
Listed on 2026-02-28
Job specializations:
  • Healthcare
    Dietitian / Nutritionist, Healthcare Administration
Job Description & How to Apply Below
Bedryfsbestuurder vir Finansiele Dienste in Silverlakes, PTA.

Verantwoordelikhede:
  • Verantwoordelik vir die implementering van strategiese planne om besigheidsdoelwitte te bereik, wins te dryf, en Finansiële Dienste te verbeter en te optimaliseer;
  • Skep, onderhou, implementeer en hersien finansiële beleide en strukture wat koste-doeltreffendheid en operasionele effektiwiteit aanmoedig, terwyl die beginsels van goeie bestuur geïntegreer word;
  • Bly op hoogte van huidige mark- en industrie-kwessies, regulasies, beleide, en handhaaf verhoudings met regulerende liggame en rolspelers in die bedryf;
    Maksimaliseer maatskappy ontwikkelingsgeleenthede deur gebruik te maak van netwerke;
  • Woon kredietkomitee-vergaderings by en tree op as voorsitter van die komitee;
  • Bestuur die Finansiële Dienste-span;
  • Handhaaf die missie, visie en waardes van die maatskappy;
  • Identifiseer en bestuur kredietrisiko’s;
  • Berei verslae oor die prestasie van die kredietafdeling voor en bied dit aan bestuur;
  • Bied ondersteuning in die bestuur van inligtingstelsels om kliëntedienslewering te bevorder;
  • Samewerking met die Regs- en Invorderingsafdeling sowel as die bestuur van hoërisiko-kliënte om te verseker dat die persentasie slegte skuld binne die bestuursriglyne bly;
  • Deurlopende monitering en bestuur van die debiteureboek se prestasie;
  • Samewerking met interne en eksterne rolspelers;
  • Hersien en bestuur korrespondensie met prokureurs, kliënte, en interne regsverteenwoordigers;
  • Verseker dat toepaslike wetgewing nagekom word;
  • Monitor produktiwiteit en doeltreffendheid om die kredietproses te verbeter en aansoeke betyds te hanteer;
  • Hersiening en formulering van die kredietbeleid met inagneming van 'n veranderde omgewing en wetgewing;
  • Bemagtig, motiveer en daag die kredietspan uit om kwaliteitprojekte te lewer en hul vaardighede te ontwikkel;
  • Groei bestaande en nuwe debiteure binne die maatskappy se begrotingsriglyne en risikoprofiel deur geleenthede te identifiseer waar produkreekse aan kliënte uitgebrei kan word.
  • Ontwikkeling van nuwe finansieringsprodukte;
    Berei aanbiedings voor en bied dit aan beleggers en ander eksterne belanghebbendes aan; en
  • Ondersteun die Algemene Bestuurder met ad-hoc take.
Vaardighede, Kwalifikasies en Algemene Vereistes:
  • Minimum Graad 12 kwalifikasie;
  • ‘n Baccalaureusgraad in Finansies sal as vereiste dien; verdere studies sal voordelig wees;
  • Kennis van die Nasionale Kredietwet en nakoming van regulatoriese wetgewing sal voordelig wees;
  • Ten volle tweetalig in Afrikaans- en Engels (mondelinge en skriftelike kommunikasie);
  • 3 - 5 jaar bestuurservaring;
  • 2 - 4 jaar relevante ervaring in data-ontleding sal voordelig wees;
  • Vorige ervaring in landboufinansiering sal voordelig wees;
  • Vermoë om aan te pas by veranderende omgewings en werksprosesse;
  • Hoë vlak van verantwoordelikheid en eienaarskap;
  • Sterk rekenaarvaardigheid en bevoegdheid in MS Office;
  • Gevorderde vaardighede in Microsoft Excel;
    Goeie kennis van statistiese prosesse en beste praktyk tendense;
  • Ondervinding in die aanbied van statistiese data aan bestuurspanne; en
  • Uitstekende kommunikasie-, leierskap- en interpersoonlike vaardighede.
Note that applications are not being accepted from your jurisdiction for this job currently via this jobsite. Candidate preferences are the decision of the Employer or Recruiting Agent, and are controlled by them alone.
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search:
 
 
 
Search for further Jobs Here:
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Location
Increase/decrease your Search Radius (miles)

Job Posting Language
Employment Category
Education (minimum level)
Filters
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary