Dringend: Kosteberamer - Staal Fabrikasie - Swaar Ingeneurswese
Job in
Meyerton, 1871, South Africa
Listing for:
FM Staff
Full Time
position
Listed on 2026-11-29
Job specializations:
-
Manufacturing / Production
Job Description & How to Apply Below
Ons is dringend op soek na ’n Kosteberamer wat ingenieurstekeninge en kliëntespesifikasies in akkurate, mededingende kommersiële kwotasies kan omskakel. Die pos behels meer as net kosteberaming en sluit ook betrokkenheid by vervaardigingsbeplanning, projekuitgawes en kliënteskakeling gedurende die volledige lewensiklus van projekte in.
Minimum Vereistes- Minstens vyf (5) jaar se ondervinding in kosteberaming binne die staalvervaardigings- of meganiese ingenieursbedryf. Ondervinding in swaar ingenieurswese en die vervaardiging van industriële toerusting sal ’n groot voordeel wees.
- Uitstekende vermoë om tegniese tekeninge te interpreteer en materiaal- en vervaardigingsvereistes te bepaal.
- Deeglike kennis van die vervaardigings- en verwerkingsmetodes van koolstofstaal en vlekvrye staal.
- Ondervinding in produksiebeplanning, projekskedulering en finansiële monitering.
- Bewese ondervinding in die berekening van materiaal-, arbeids- en verwante produksiekoste.
- Praktiese kennis van AutoCAD en/of SigmaNEST.
- Vaardigheid in Microsoft Office, veral Microsoft Excel en MS Project.
- Vertroudheid met Sage Evolution en SHEQsys.
- Moet ten volle tweetalig wees en Afrikaans en Engels op ’n professionele vlak, mondelings sowel as skriftelik, kan gebruik.
- ’n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer vir daaglikse reise na en van die werk.
- Die pos vereis voltydse teenwoordigheid by die werkplek. Afstandswerk of ’n hibriede werksreëling is nie moontlik nie.
- Moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees.
- Geen kriminele rekord nie (dit sal geverifieer word).
To View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap the button below to make a Search.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
View / Apply for Jobs
Matching My Jurisdiction
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
View / Apply for Jobs
Matching My Jurisdiction