Krediteure Klerk
Listed on 2026-02-28
-
Administrative/Clerical
Overview
VAKANTE POS: KREDITEURE KLERK (Konstruksie-industrie)
Daar is 'n pos beskikbaar vir 'n noukeurige, detail-georiënteerde en selfgemotiveerde Krediteure Klerk om by 'n dinamiese span in die konstruksie-industrie aan te sluit. Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige krediteurefunksie, asook algemene kantooradministrasie en ontvangs-funksies. Hierdie rol vereis sterk finansiële vaardighede en die vermoë om onafhanklik in 'n vinnige omgewing te werk.
Bestek van PosbeskrywingDie Krediteureklerk is verantwoordelik vir die volledige krediteurefunksie, insluitend die verwerking van fakture, rekonsiliasies, betalingvoorbereiding en rekordhouding. Die pos behels ook kantooradministrasie, ontvangs-funksies en noodsaaklike ondersteuning aan operasionele personeel.
SLEUTELVERANTWORDELIKHEDE- Krediteurefunksie
- Verifieer fakture teenoor afleweringsnotas en bestelnommers.
- Verwerking van krediteurefakture op die Buildsmart-stelsel.
- Voorbereiding van krediteure betalingslys (Excel) vir goedkeuring en uitbetaling.
- Verwerking van kontantfakture en onmiddellike betalings.
- Hantering en verwerking van kredietnota’s.
- Verseker dat alle ondersteunende dokumentasie volledig, korrek en goedgekeur is.
- Kostes moet korrek teen toepaslike projekte gepos word.
- Rekordhouding en digitalisering van alle krediteuredokumentasie (ons beweeg na ’n digitale rekordstelsel).
- Verwerking van betaalde subkontrakteurslêers.
- Voorbereiding van finansiële en bestuursverslae soos versoek deur bestuur.
- Creditors Age Analysis moet gemonitor en op datum gehou word.
- Finansiële Administrasie & Kantoorondersteuning
- Verwerking van kleinkas- en kredietkaarttransaksies.
- Hantering en verwerking van munisipale rekeninge.
- Voltooiing van vorms, soos kredietapplikasies en ander administratiewe dokumentasie.
- Bestuur van voertuiglisensies en verseker dat dit op datum bly.
- Hantering en opvolg van verkeersboetes vir voertuie.
- Bestuur van kantoorbenodighede en voorraadbeheer.
- Uitreiking en rekordhouding van personeeluniforms en PPE.
- Algemene liasseerwerk (fisies en elektroniese, insluitend Google Drive).
- Algemene kantoorondersteuning en ad hoc administratiewe take.
- Ontvangs
- Neem - en uitbreiding van telefoonoproepe (switchboard).
- Ontvang besoekers in ontvangsarea.
- Ontvang aflewerings wanneer aankoper nie beskikbaar is nie.
- Sterk administratiewe en finansiële vaardighede.
- Akkuraatheid en goeie aandag aan detail.
- Analitiese vaardighede om data te interpreteer.
- Sterk probleemoplossingsvaardighede.
- Goeie beplanning en tydsbestuur om sperdatums te haal.
- Sterk interpersoonlike en kommunikasievaardighede.
- Selfgemotiveerd met die vermoë om onafhanklik te werk.
- Integriteit en vertroulikheid in die hantering van finansiële inligting is noodsaaklik.
- Matriek met Rekeningkunde OF 1–3 jaar relevante werkservaring in ’n soortgelyke rol.
- Tegniese Vaardighede:
Rekenaarvaardigheid: MS Excel, Word en 'n finansiële stelsel. - Bonus Vaardigheid:
Ondervinding met Buildsmart of ander konstruksie-rekenkundige stelsels.
- Salaris:
Onderhandelbaar - Begin Datum:
So spoedig moontlik
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search: