×
Register Here to Apply for Jobs or Post Jobs. X

Sol-Tech | Beampte: Operasioneel

Job in Pretoria, 0002, South Africa
Listing for: Solidariteit Beweging
Full Time position
Listed on 2026-08-24
Job specializations:
  • Administrative/Clerical
    Healthcare Administration
Job Description & How to Apply Below

Beampte:
Operasioneel

Sol-Tech, 'n privaat, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingskollege in Monumentpark, Pretoria, bied 'n opwindende geleentheid! Ons het tans 'n pos beskikbaar vir 'n Beampte:
Operasioneel.

Die individu sal verantwoordelik wees vir die lewering van effektiewe administratiewe, logistieke en praktiese ondersteuning binne die Operasionele omgewing, met 'n spesifieke fokus op Studentesake en Plaashuis bedrywighede. Dit sluit onder ander die uitvoering en koördinering van daaglikse administratiewe en operasionele take, voorraad- en aankoop beplanning, logistieke reëlings, stelsel administrasie, asook ondersteuning tydens funksies, kampe en ander institusionele aktiwiteite in.

Wat ons van jou verwag:
  • Matrieksertifikaat
  • ‘n Toepaslike naskoolse Sertifikaat, diploma of soortgelyke kwalifikasie in administrasie, besigheidsadministrasie, operasionele bestuur of 'n verwante veld sal voordelig wees.
  • Minimum 1-3 jaar toepaslike administratiewe en/of operasionele werkservaring.
  • Ervaring in administratiewe rekordhouding, voorraadbeheer, aankope en/of koördinering van praktiese take sal voordelig wees.
  • Geldige rybewys en eie vervoer.
  • Ervaring met Microsoft Office pakket.
Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:
  • Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede.
  • Goeie beplannings- en prioritiseringvermoë.
  • Akkuraatheid en aandag aan detail.
  • Vermoë om verskeie take en versoeke gelyktydig te bestuur.
  • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
  • Diensgerigte ingesteldheid.
  • Praktiese en oplossingsgerigte benadering tot probleme.
  • Vermoë om instruksies akkuraat uit te voer en take tot afhandeling te neem.
  • Vermoë om onafhanklik sowel as binne 'n span te funksioneer.
  • Aanpasbaarheid en bereidwilligheid om met verskillende tipe take te help.
  • Vermoë om onder druk te funksioneer.
  • Goeie tydbestuur.
  • Inisiatief en verantwoordelikheidsin.
  • Vermoë om voorraad en administratiewe rekords akkuraat by te hou.
  • Bereidwilligheid om fisiese en logistieke ondersteuning te bied waar nodig.
  • Bereidwilligheid om, waar nodig, buite normale werksure met funksies, kampe of ander aktiwiteite te ondersteun.
  • Bereidwilligheid om plaaslike ritte, aankope, aflewerings en invorderings te doen.
  • Afrikaans- en Engelse taalvaardigheid.

voor of op 2 September 2026.

Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

#J-18808-Ljbffr
Note that applications are not being accepted from your jurisdiction for this job currently via this jobsite. Candidate preferences are the decision of the Employer or Recruiting Agent, and are controlled by them alone.
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search:
 
 
 
Search for further Jobs Here:
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Location
Increase/decrease your Search Radius (miles)
0
200
Filters
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary