Senior Rekenmeester/Finansiële Bestuurder
Job in
Pretoria, 0002, South Africa
Listed on 2026-09-13
Listing for:
Werfnet
Full Time
position Listed on 2026-09-13
Job specializations:
-
Finance & Banking
Job Description & How to Apply Below
Job description
Senior Rekenmeester / Finansiële BestuurderOns werf tans namens ons kliënt vir ’n sterk, praktiese en hoogs ervare Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder vir ’n sleutelrol binne ’n gevestigde besigheid met verskeie maatskappye/entiteite.
Hierdie geleentheid is geskik vir ’n kandidaat wat gemaklik is om volle verantwoordelikheid vir die rekeningkundige en finansiële funksie te aanvaar, met minimale toesig, en wat oor die senioriteit, tegniese diepte en bestuursvermoë beskik om ’n finansiële afdeling effektief te lei.
HoofverantwoordelikhedeDie succesvolle kandidaat sal onder ... verantwoordelik wees vir:
- Die volle rekeningkundige funksie oor verskeie maatskappye/entiteite
- Bestuur en toesig oor ’n finansiële span van ongeveer 8 persone binne debiteure en krediteure
- Om te verseker dat debiteure- en krediteurespanne akkuraat, doeltreffend en binne sperdatums funksioneer
- Aktiewe bestuur van debiteure, invorderings, agterstallige rekeninge en kredietbeheer
- Toesig oor krediteure, verskaffersrekonsiliasies en betalingsprosesse
- Voorbereiding van maandelikse bestuursrekeninge en finansiële verslagdoening
- Kontantvloeibestuur, vooruitskattings en begrotings
- Hantering van intermaatskappytransaksies,
-rekeninge en rekonsiliasies - Voorraadrekeningkunde, voorraadbeheer en rekonsiliasies
- Salarisverwerking en verwante statutêre indienings
- Hantering van BTW, LBS/PAYE en ander SAID-verpligtinge en indienings
- Bestuur van SAID-navrae en korrespondensie
- Balansstaat- en bankrekonsiliasies
- Bestuur en kontrole van die algemene grootboek
- Voorbereiding vir oudits en skakeling met ouditeure
- Bestuur van jaareindprosesse en voorbereiding van ondersteunende skedules
- Handhawing en verbetering van interne finansiële beheermaatreëls
- Identifisering van teenstrydighede, finansiële risiko’s en aangeleenthede wat bestuur se aandag vereis
Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:
- Minstens 15 jaar se deeglike rekeningkundige en finansiële ervaring
- Bewese ervaring in ’n senior finansiële rol met verantwoordelikheid oor die volledige rekeningkundige funksie
- Ervaring in ’n vervaardigings-, konstruksie-, boumateriaal- of soortgelyke operasionele omgewing sal sterk voordelig wees
- Sterk Pastel Evolution-ervaring is noodsaaklik
- Gevorderde Excel-vaardighede
- Ervaring in die bestuur van ’n finansiële span, spesifiek binne debiteure en krediteure
- ’n Stabiele werksgeskiedenis met goeie, kontakbare verwysings
- Die pos is kantoorgebaseerd in Pretoria-Oos
- Voorkeur sal gegee word aan kandidate wat redelik naby aan die area woon
- Ons kliënt benodig iemand wat so gou moontlik beskikbaar is
- Onmiddellike beskikbaarheid of ’n kort kennisgewingstydperk sal voordelig wees
- ’n Salarispakket in die omgewing van R60 000 – R70 000 per maand
- Finale vergoeding sal afhang van ervaring en algehele geskiktheid vir die rol
Position Requirements
10+ Years
work experience
To View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap the button below to make a Search.
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
(If this job is in fact in your jurisdiction, then you may be using a Proxy or VPN to access this site, and to progress further, you should change your connectivity to another mobile device or PC).
Search for further Jobs Here:
×