×
Register Here to Apply for Jobs or Post Jobs. X
More jobs:

Afrikaanse Verkoopskonsultant; Voltyds​/Deeltyds – Potchefstroom

Job in Potchefstroom, 2520, South Africa
Listing for: Nova Life
Full Time position
Listed on 2026-07-05
Job specializations:
  • Sales
    Retail Sales
Job Description & How to Apply Below
Position: Afrikaanse Verkoopskonsultant (Voltyds / Deeltyds) – Potchefstroom
Location: Potchefstroom

Is jy 'n mensemens wat daarvan hou om te gesels, doelwitte te bereik en vir jou harde werk beloon te word?

By Nova Life glo ons dat sukses gebou word deur die regte gesindheid, harde werk en die bereidwilligheid om te groei. Ons is op soek na energieke, selfversekerde en doelgerigte individue wat hulself wil ontwikkel, hul inkomste wil verhoog en 'n suksesvolle loopbaan in verkope wil bou.

Indien jy daarvan hou om met mense te werk, gemaklik op die telefoon is en deur resultate gemotiveer word, wil ons graag van jou hoor.

Hierdie geleentheid is vir jou indien jy:
  • Hou daarvan om met mense te praat
  • Selfversekerd en energiek is
  • Gemotiveer word deur teikens en prestasie
  • Hou van 'n vinnige en dinamiese werksomgewing
  • Graag nuwe vaardighede wil aanleer
  • Ambisieus is en jou inkomste wil verhoog
  • Op soek is na 'n maatskappy waar jy kan groei en ontwikkel
Wat jy by Nova Life kan verwag:
  • Twee-week betaalde opleidingsprogram
  • Duidelike groeigeleenthede
  • Incentives, kompetisies en belonings
  • Mentorskapprogramme
  • Lewendige en ondersteunende werksomgewing
  • Buigsame werksure
  • Voltydse en deeltydse geleenthede beskikbaar
Nova Life Voordele
  • R10 000 aanvangsalaris gedurende jou eerste maand van indiensneming
  • Onbeperkte kommissie
  • Huidige gemiddelde verdienste van R26 500 per maand
  • Pensioenfonds na 6 maande diens
  • Accidental Death and Disability Fonds (indien permanent aangestel)
  • Kankerpolis
  • Openbare vakansiedae

T's & C's apply.

Jou verantwoordelikhede sal insluit:
  • Werk met vooraf-gekontakteerde voornemende kliënte
  • Bou professionele verhoudings met kliënte
  • Verstaan en bevorder ons produkte en dienste
  • Bereik weeklikse en maandelikse verkoopsdoelwitte
  • Handhaaf uitstekende kliëntediens
Minimum Vereistes
  • Voltooide Matriksertifikaat
  • Vlot in Afrikaans en Engels
  • 20 jaar of ouer
  • Uitstekende kommunikasievaardighede
  • Positiewe en professionele houding
  • Gemotiveerd deur doelwitte en resultate
  • Vorige verkoops-ervaring is voordelig, maar nie noodsaaklik nie
  • Kantoor-gebaseer in Potchefstroom
Hierdie pos is ideaal vir iemand wat:
  • Nie bang is om met nuwe mense te praat nie
  • Hou daarvan om uitdagings aan te pak
  • Verantwoordelikheid neem vir hul eie sukses
  • Resultaatgedrewe is

By Nova Life beloon ons harde werk, ondersteun ons groei en gee ons mense die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik.

Indien jy gereed is om jou volgende stap te neem, doen vandag nog aansoek.

#J-18808-Ljbffr
Note that applications are not being accepted from your jurisdiction for this job currently via this jobsite. Candidate preferences are the decision of the Employer or Recruiting Agent, and are controlled by them alone.
To Search, View & Apply for jobs on this site that accept applications from your location or country, tap here to make a Search:
 
 
 
Search for further Jobs Here:
(Try combinations for better Results! Or enter less keywords for broader Results)
Location
Increase/decrease your Search Radius (miles)
0
200
Filters
Education Level
Experience Level (years)
Posted in last:
Salary